Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Oos-Kaap na polisie oor rommelstorting op Steynsburg

Die VF Plus het ‘n klag by die polisie op Steynsburg ingedien oor die onwettige storting van rommel wat mediese afval insluit.

Steynsburg val in die Walter Sisulu-plaaslike munisipaliteit wat deur die ANC beheer word.

Dit het onlangs onder die VF Plus se aandag gekom dat daar op die hoek van Voortrekker- en Van der Waltstraat op die dorp by meer as een geleentheid rommel by 'n bouvallige huis gestort word.

Hierdie afval sluit selfs gebruikte inspuitings in met naalde steeds aangeheg.

Mediese afval word geklassifiseer as bio-gevaarlike afval en deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gedefinieer as “al die afval wat gegenereer word binne gesondheidsorggeriewe, navorsingsentrums en laboratoriums wat met mediese prosedures verband hou".

Die aangeleentheid is ook onder die aandag gebring van die Oos-Kaap LUR vir gesondheid, me. Nomakhosazana Meth

Dit is ook by die departement van omgewingsake se inspektoraat vir omgewingsbestuur aangemeld.

Die publiek word versoek om die onwettige storting van mediese afval te rapporteer aan die Groen Skerpioene by 0800 012 322 of 0800 205 005.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.