Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra uitgebreide soektog ná aanval op Devon-polisiekantoor

Die arrogansie van die persone wat die Devon-polisiekantoor beroof het, is verstommend aangesien hulle doodluiters ingestap en polisiebeamptes se wapens afgeneem het.

Drie vermeende rowers het vroegoggend die Devon-polisiekantoor binnegestap met die voorwendsel dat hulle ‘n kaping wil aanmeld. Die rowers het met drie gewere en sewe pistole weggehardloop.

Die VF Plus het ‘n uitgebreide polisie-soektog gevra om die boosdoeners so gou moontlik vas te trek.

Kleiner polisiekantore soos die Devon-polisiekantoor het minder polisiebeamptes aan diens, veral tydens die nagskof.

Hierdie polisiekantore word veral geteiken om vuurwapens te kry.

Die VF Plus is dankbaar dat die rooftog nie in ‘n skietery ontaard het waarin polisiebeamptes of lede van die publiek beseer is nie.

Die VF Plus het die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, ‘n tyd gelede gevra om mikroskyfie-tegnologie te oorweeg om verlore en gesteelde polisievuurwapens op te spoor.

Deur vuurwapens met mikroskyfies toe te rus, kan die ligging van ‘n gegewe vuurwapen te alle tye vasgestel word, asook aan wie dit uitgereik is, die dag en datum en tyd wanneer die vuurwapen afgevuur is, die koördinate van die skote wat afgevuur is, die aantal skote en meer.

Dit is moderne tegnologie wat reeds deur private vuurwapeneienaars gebruik word en sal plek maak vir die ou metode van reeksnommers wat verwyder kan word om die uitkenning van ‘n vuurwapen te bemoeilik.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.