Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus ondersteun nie Emfuleni se aansuiweringsbegroting

Die VF Plus het vir die sesde agtereenvolgende jaar nie die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se aansuiweringsbegroting gesteun nie weens die administrasie se onbevoedheid om die munisipaliteit effektief te bestuur.

Een van die redes is Emfuleni se enorme skuld aan Eskom wat tans R4,4 miljard beloop.

Verskeie sake-ondernemings is gedwing om hul deure te sluit terwyl ander in naburige dorpe en stede hervestig het weens die haglike toestand van infrastruktuur en dienslewering in Emfuleni.

Inwoners betaal getrou hul dienste-rekeninge, maar die geld word nie oorbetaal aan grootmaatverskaffers soos Eskom en Randwater nie.

Die huidige administrasiespan, onder leiding van Gilberton Martins, se tydperk van twee jaar het ook gister tot ‘n einde gekom.

Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, moet nou ‘n nuwe span aanwys om die munisipaliteit te probeer regruk.

Dit sal die derde span wees wat aangestel word vandat Cogta in Junie 2018 by die munisipaliteit ingegryp het.

Sedertdien was daar geen verbetering in Emfuleni se finansiële krisis of aan dienslewering nie.

Dit is opnuut ‘n bewys dat om ‘n munisipaliteit onder administrasie of gedeeltelike administrasie te plaas, soos in die geval van Emfuleni, nie die gewenste uitwerking het nie en eerder meer onstabiliteit en wanbestuur meebring.

Onder die huidige omstandighede kan die VF Plus nie ‘n aansuiweringsbegroting steun wat belastingbetalers tot nadeel strek nie.

Navrae: 076 616 2124

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.