Speaker,
Verlede week, toe ons oor aspekte van hierdie wet moes stem, het die VF Plus daarteen gestem terwyl die ANC en die DA daarvoor gestem het. Hoekom het ons so gestem?
Vir ’n tydperk van vyf jaar tot 1998 kon enige persoon ’n grondeis instel. ’n Totaal van ongeveer 80 000 (79 696) eise is ingestel. Hierdie eise het landboubedrywighede in groot gedeeltes van die land tot stilstand gedwing. As jy ’n eis op jou grond het, kan jy die grond nie verkoop kry nie. Jy brei nie uit of belê niks in jou boerdery nie omdat jy more die grond kan verloor. Dan wag jy in onsekerheid vir jare voor ’n eis afgehandel is. Na tien jaar is daar in talle gevalle bevind dat die eis nie geldig was nie. Die landbouer se verliese as gevolg van die tien jaar onsekerheid word nie deur die staat terugbetaal nie. Vandag, sestien jaar later, is ongeveer 95% van hierdie eise afgehandel. Dit het belastingbetalers miljarde gekos. Gelukkig is die einde in sig en kan die landbou na normaal terugkeer – of so het ons gedink.
Nou skielik, voor die verkiesing, kom die ANC met hierdie wetswysigings om die grondeise-proses van voor af te heropen. Dit verlam die landbou vir die volgende 20 jaar en bring al die onsekerhede weer terug.
Aan die ander kant skep die ANC opnuut groot verwagtinge by baie mense. Some 379 000 new land claims are likely to be submitted. This could cost the state about R179 billion to settle. The restitution budget is only roughly R3 billion a year. How, then, is the state to find the money to settle all these claims?
As al hierdie nuwe verwagtinge nie vervul kan word nie, is dit ’n resep van rewolusies. Ek wil voorspel dat die ANC se heropening van die grondeise in die toekoms teen hulle gaan draai.
Do we want to become a modern developed country or do we want to become just another underdeveloped country? For the best interest of all South Africans we must move forward to become a modern developed country, capable of competing with the rest of the world. To succeed in this we must rethink the land problem. The ANC continue to nurse the notion that they can reverse the inevitable march to an urban future. We are wasting valuable time and energy trying to restore people to their old ways. Ordinary South Africans want to go to cities and work in a modern economy.
Mondli Makhanya wrote: “It is not because black people cannot farm. It is because time has moved on from the time the apartheid government was carrying out its forced-removal policies.
“The money and energy that is spent on getting people back into subsistence farming would be better used to create a strong class of black commercial farmers who actually do farm for commercial rather than sentimental reasons.”
South Africa needs more successful black commercial farmers. The Freedom Front Plus and the majority of commercial farmers are more than willing to help new farmers to be successful. Mentorships and cooperation between experienced and new farmers is one way to achieve this.
Om net hektare grond te jaag en nog 400 000 grondeise by die Departement se huidige lys eise te voeg, gaan nie hierdie probleme oplos nie. Ons kan nie bekostig om meer vrugbare grond te verloor wat onproduktief word terwyl die bevolking groei nie. Ons moet meer voedsel produseer vir die 70% bevolking wat binnekort in die stede gaan woon. Honger mense hardloop later in die strate, is die resep vir onstabiliteit en lei tot die val van regerings. VF Plus sal teen hierdie wet stem.
Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403