Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Zuma-standbeeld vermorsing van belastingbetalers se geld

Noordwes se premier, mnr. Supra Mahumapelo, sal moet antwoord oor waar hy die geld vandaan gaan kry waarmee hy ‘n standbeeld van pres. Jacob Zuma in Groot Marico wil oprig en hoe hy dit gaan regverdig teenoor die provinsie se belastingbetalers, sê mnr. Michal Groenewald, die VF Plus se onderleier vir Noordwes.

Groenewald sê dis ‘n groot vermorsing van geld wat beter bestee kan word aan dienslewering.

“Groot Marico gaan gebuk onder swak dienslewering en mnr. Mahumapelo moet die geld vir die standbeeld eerder aanwend om die basiese dienste in die omgewing te verbeter. Hierdie is onnodige vermorsing bloot om die ANC se aansien te probeer poets.

“Ek daag mnr. Mahumapelo uit om eerder ANC-fondse te gebruik om die standbeeld op te rig en te kyk of die provinsie se ANC-lede dit sal toelaat.

“Standbeelde word meestal opgerig vir mense wat reeds gesterf het en ‘n bydrae gelewer het tot ‘n land se vooruitgang. Pres. Zuma is gewis nie ‘n aanwins vir Suid Afrika nie.

“Die premier moet meer integriteit wys as pres. Zuma en die belange van die provinsie se mense bo die belange van die ANC stel,” sê Groenewald.

 

Kontaknommer: 079 409 8342

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.