fbpx
Vryheidsfront Plus

Witbank Wyk 18: Registreer om te stem

Wyk 18 in Witbank is geskeduleer om op 18 Maart 2020 aan 'n tussenverkiesing deel te neem. Dit is uiters belangrik dat elke kieser in dié verkiesing stem, en die VF Plus versoek kiesers daarom om hierdie naweek (8 en 9 Februarie) te registreer om te kan stem.

Die VF Plus het sy steun in die 2019-verkiesing met sowat 150% verbeter, en het sedertdien in Bethal en Lydenburg in Mpumalanga en in ander tussenverkiesings in ander provinsies, bewys gelewer dat dié groei ‘n blywende tendens is.

Die VF Plus het oor jare bewys gelewer hy staan onwrikbaar by sy beleid. Die party se standpunt teen kwotas, Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), Regstellende Aksie (RA), bedrog en korrupsie is welbekend.

Die party se steun vir Afrikaans en sy sterk teenkanting teen onteiening sonder vergoeding, plaasaanvalle, misdaad, swak dienslewering en wanadministrasie word op elke platvorm uitgespreek. Die party sal voortgaan om hierteen te veg.

Indien die VF Plus se kandidaat, mev. Sharon Schlachter, tot wykraadslid verkies word, sal die belange van kiesers in dié wyk en die gemeenskap in geheel beter verteenwoordig en gedien word.

Dit is daarom in u eie belang om te registreer om aan die tussenverkiesing deel te neem. Voornemende kiesers kan by die volgende registrasiepunte registreer:

a) Laerskool Reyno Ridge
b) Spring Valley

Registrasiekantore open om 07:00 en sluit om 17:00.

Navrae: 084 652 9164

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.