fbpx
Vryheidsfront Plus

Wes-Kaapse kwota-plan vir polisie-bevorderings dobbel met publiek se veiligheid

In ‘n provinsie wat op vele gebiede van die hoogste misdaadsyfers in die land het, sal dit skokkend en opsig self byna misdadig wees om nie net die beste polisielede in elke beskikbare pos aan te stel nie, sê dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap.

Dr. Mulder sê die moontlikheid dat die Wes-Kaapse polisie beplan om ‘n rigiede kwotastelsel toe te pas waar geen wit of bruin polisielede tot die range van kaptein, luitenant-kolonel of kolonel bevorder mag word nie, sal in misdadigers se hand speel.

Dit maak ook ‘n bespotting van regsriglyne wat gestel is met die departement van korrektiewe dienste (DKD)-hofsaak verlede jaar waar onder meer beslis is dat die nasionale demografie nie in die provinsie afgedwing mag word met aanstellings in die DKD nie.

Volgens dr. Mulder maak die uiters hoë vlakke van misdaad in die Wes-Kaap dit gebiedend noodsaaklik dat net die beste polisiemanne en –vroue aangestel moet word in elke pos, ongeag hul velkleur, en dat dit die norm vir die hele land moet wees.

Volgens die jongste misdaadstatistiek word 43 mense daagliks in Suid-Afrika vermoor, en die meeste daarvan is in Nyanga in die Wes-Kaap.

Bende-verwante misdaad het ‘n verlammende impak op die bruin gemeenskap van die provinsie. Byna die helfte (47%) van alle dwelmverwante-misdaad in Suid-Afrika kom in die Wes-Kaap voor en die meeste hiervan word by die polisiekantoor in Mitchells Plain aangemeld.

“Met die beste beskikbare polisiediens kan misdaad soos moord, roof en verkragting in Suid-Afrika verminder word. Per definisie moet enige persoon wat die doeltreffendheid van die diens doelbewus verswak, aandadigheid aan alle misdaad aanvaar wat voorkom kon word,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.