fbpx
Vryheidsfront Plus

Werkloosheidskoers sal aanhou groei met ANC-beleid

Die styging in die werkloosheidskoers tot 32,6% vir die eerste kwartaal van 2021, ‘n rekordkoers sedert Statistiek Suid-Afrika dié koers begin byhou het in 2008, bevestig dat werkloosheid onder die ANC-regering sal aanhou styg.

Die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperkings het wel bygedra tot grootskaalse werksverliese, maar werkloosheid in die land was lank voor die pandemie reeds aan die toeneem.

Gefaalde ANC politieke ideologieë soos swart ekonomiese bemagtigingswetgewing (SEB) wat nou met die jongste voorgestelde wysigingswetsontwerp die privaatsektor se beweegruimte om werksgeleenthede te skep verder aan bande sal lê, sal bydra tot werkloosheid in Suid-Afrika.

Die toestand van plaaslike regering en die algehele verval daarvan onder die ANC kniehalter veral klein ondernemings se ekonomiese vooruitgang en werkskeppingspotensiaal.

Die ewig stygende werkloosheidskoers en veral die uitgebreide werkloosheidskoers wat ontmoedigde werksoekers insluit en gedurende die eerste kwartaal by 43,2% gedraai het, is die gevolg van volgehoue swak regering op alle vlakke.

Alvorens ekonomiese groei nie geprioritiseer word nie, sal werkloosheid en gepaardgaande sosio-ekonomiese probleme aanhou toeneem.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.