Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Welkome nuus dat eksamen nie oorgeskryf word nie

Die VF Plus is saam met honderdduisende matrikulante verheug dat die Wiskunde- en Fisiese Wetenskappe-vraestelle nie oorgeskryf hoef te word nie.

Dit volg op 'n hofaansoek wat AfriForum namens individuele matrikulante gebring het.

In sy uitspraak het regter N. Davis gesê dat hy die minister van basiese onderwys se besluit hersien en ter syde gestel het. Alle matrikulante wat nié by onreëlmatighede betrokke was nie, se vraestelle moet volgens die hofbevel gemerk word.

Dit kom dus op die beginsel neer dat mense slegs aan die pen kan ry as hul skuld bewys is. Daar is ook 'n kostebevel teen die minister uitgereik.

Die VF Plus het tevore standpunt ingeneem dat onskuldiges altyd met misdaad die duurste betaal. In daardie stadium het die VF Plus vermoed dat Umalusi se aandrang dat die vraestelle oorgeskryf moet word om die integriteit van die eksamen te beskerm, voorrang sou geniet. Die party is saam met matrikulante verheug dat dit nie die geval is nie.

Die uitspraak los egter nie die probleem van die afgelope eksamen se integriteit op nie. Tesame met die ontwrigting van die grendelstaat vanjaar, was 2020 beslis nie dié Jaar van die Matrikulant nie. Die VF Plus herhaal sy aandrang op twee punte:. Sekuriteit in die departement sal verder opgeskerp moet word; en skole moet die keuse gegun word om matrikulante deur die departement te laat eksamineer, of deur een van die onafhanklike eksamenrade.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.