fbpx
Vryheidsfront Plus

Watertekorte in Mogale City en Johannesburg lei tot gesondheidsprobleme

Die VF Plus word oorval met oproepe van veral senior burgers wat weens die weeklange watertekorte in gedeeltes van Johannesburg en die Mogale City-plaaslike munisipaliteit, nou gesondheidsprobleme en veral maagprobleme, ervaar.

Skade aan City Power se kragstelsel het daartoe gelei dat Randwater se Eikenhof-pompstasie buite werking is.

Baie bejaardes wat op hulself aangewese is, het nie vervoer na die naaste watertrok nie en diegene wat wel daar kan kom, kan net ʼn klein houer met water dra.

VF Plus-raadslede het met die aanvang van die waterprobleme hul boorgate tot inwoners se beskikking gestel en lewer ook water af by mense wat nie die watertrokke kan bereik nie.

Die VF Plus besoek more die Eikenhof-pompstasie om homself van die situasie te vergewis.

Kommunikasie vanaf Randwater en die munisipaliteite is beperk en verbruikers dreig dat hulle hul diensterekeninge nie gaan vereffen totdat die probleem opgelos is nie.

Die gedeeltes van Mogale City wat steeds sonder water is, is Monument, Kenmare, Noordheuwel en Munsieville. In Johannesburg is Linden, Kensington en Blairgowrie se reservoirs sonder water.

Die VF Plus het op Whatsapp-groepe ʼn beroep op inwoners met boorgate gedoen om dit aan mede-inwoners beskikbaar te stel en nie munisipale water tans te gebruik om hul tuine nat te lei nie.

Reservoirs in veral hoogliggende gebiede sukkel om vol te loop veral wanneer inwoners ook hul eie watertenks voltap om water op te gaar.

Die VF Plus het die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Mzikayifani Khumalo, gevra om in te gryp en genoeg watertrokke aan munisipaliteite beskikbaar te stel om verbruikers behulpsaam te wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.