Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Waterkrisis in Mogalakwene-plaaslike munisipaliteit (Potgietersrus) kort dringend aandag

Die VF Plus in Limpopo het in ‘n skrywe aan die munisipale bestuurder van die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane/Potgietersrus), Beverley Gunqisa, gevra om dringende ingryping in die munisipaliteit se waterkrisis.

Watervoorsiening aan inwoners van die munisipaliteit en omliggende gebiede is ‘n groot bron tot kommer vir die VF Plus.

Alhoewel waterskaarste ‘n bydraende faktor is met watervoorsiening, is die bestuur van waterbronne en -toevoer nie op ‘n aanvaarbare standaard nie. Die munisipaliteit se gebrek aan beplanning en beheer oor waterbronne speel ‘n groot rol in die waterkrisis.

‘n Bewusmakingsveldtog moet ook van stapel gestuur word om inwoners bedag te maak daarop om water spaarsamig te gebruik en vermorsing te bekamp.

Watertrokke tap tans water uit brandkrane op die dorp om water te voorsien aan landelike gebiede. Dit veroorsaak dat private watertrokke onwettig water tap uit die brandkrane aangesien daar geen beheer uitgeoefen word nie.

Die VF Plus eis dat Gungisa ‘n lys van watertrokke wat wettig water uit brandkrane mag tap, aan die party beskikbaar stel om die onwettige tap van water stop te sit.

Die toegang tot skoon water is ‘n grondwetlike reg en dit is die munisipaliteit se plig om watervoorsiening aan gemeenskappe te verseker.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op die munisipaliteit te plaas om skaars waterbronne behoorlik te benut tot voordeel van al sy inwoners.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.