Die pas aangestelde waarnemende hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), dr. Silas Ramaite, sal moet bewys dat hy selfstandig kan optree en dat hy nie gekontamineer is nie deur sy termyn as adjunk vir die gediskrediteerde adv. Shaun Abrahams, vorige hoof van die NVG.
Die vinnige optrede van pres. Cyril Ramaphosa om ‘n waarnemende hoof aan te stel, moet verwelkom word.
Dit is nogtans betreurenswaardig dat die president nie ‘n persoon aangestel het wat geen bagasie van die NVG saamdra nie.
Dr. Ramaite is goed onderlê in die reg en spog met verskeie regsgrade. Hy is in 1988 toegelaat as advokaat tot die balie van die hooggeregshof en in 2001 aangewys as senior advokaat.
Die pluspunte is vir dr. Ramaite is dat hy ‘n hoogs gekwalifiseerde regsgeleerde en advokaat is met vyftien jaar ervaring by die NVG.
Terselfdertyd sal sy termyn oor die laaste jare by die NVG die kollig fel op dr. Ramaite laat skyn en hy sal ‘n groot taak op hande hê om die geloofwaardigheid in die kantoor van die NVG te herstel en te wys dat hy nie deur ‘n politieke poppemeester beheer word nie.
Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216