fbpx
Vryheidsfront Plus

Vuurwapens: Weermag en polisie sondebokke

Die onlangse inbraak by die SA Vloot se militêre basis in die Wes-Kaap, waar verskeie wapens en ammunisie gesteel is, bevestig dat die weermag een van die sondebokke is wat dit maklik maak vir misdadigers om vuurwapens te bekom.

Die tronkstraf van 18 jaar aan die polisielid, kol. Christiaan Prinsloo, wat 2 400 vuurwapens uit polisiebewaring in Gauteng gesteel, en wat aan bendes verkoop is, maak die polisie die ander sondebok wat dit maklik maak vir misdadigers om vuurwapens te bekom.

Einde verlede jaar het die minister van verdediging en militêre veterane, me. Nosisiwe Mapisa-Nqakula, skriftelik bevestig dat 32 956 rondtes ammunisie die afgelope twee jaar (2013/14 en 2014/15) in die weermag gesteel of verlore geraak het. In dieselfde tydperk is agtien vuurwapens, waarvan tien 9-mm pistole , twee 303-jaggewere en 6 x R4-aanvalsgewere, gesteel of verlore. Dit het gevolg in antwoord op ‘n vraag van dr. Pieter Groenewald (LP) van die Vryheidsfront Plus in die parlement.

In nog ‘n vraag van Groenewald het die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, erken meer vuurwapens word gesteel as wat daar verlore raak. In die finansiële jaar (2013/14) het individuele (private) vuurwapeneienaars 233 vuurwapens verloor, terwyl 5 194 vuurwapens van hulle gesteel is. Staatsinstellings (Polisie, SANW ens) het in dieselfde tydperk 199 verloor en 1 769 is gesteel. By sekuriteitsmaatskappye het 41 verlore geraak en 796 is gesteel.

“As in ag geneem word dat daar ongeveer drie miljoen (2 989 705) vuurwapens deur individue besit word en 233 verlore geraak het, is dit 0,007 % wat verlore geraak het. Daar kan dus gesê word dat daar met 0,007% wettige vuurwapens nalatigheid was.

“Die minister van polisie, en selfs pres. Zuma, se uitsprake dat daar te veel private vuurwapeneienaars is en dit geweldsmisdaad in die land bevorder, is dus totaal onwaar en bewys hulle onkunde en oningeligtheid oor private vuurwapenbesit. Indien die minister en polisie meer fokus op onwettige vuurwapens en ophou om wettige vuurwapeneienaars te teiken as die sondebokke wat geweldsmisdaad bevorder, sal geweldsmisdaad meer effektief beveg kan word,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir polisie van die Vryheidsfront Plus.

 

Vir verdere navrae: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.