Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse regering oorsaak dat landbouers nie enige droogtehulp sal ontvang nie

Vrystaatse landbouers sal nie droogtehulp in terme van die nasionale ramptoestand ontvang nie omdat die Vrystaatse regering versuim het om ‘n sakeplan ter aansoek van hierdie fondse in te dien.

Provinsiale regerings het tot en met 5 Junie 2020 die geleentheid gehad om sakeplanne in te dien nadat die nasionale ramptoestand op 4 Maart 2020 afgekondig is. Intussen het die nasionale departement van landbou bevestig dat die Vrystaatse provinsiale regering nie ‘n sakeplan teen die afsnydatum ingedien het nie.

Hierdie planne word ter behoeftebepaling oorweeg en die beskikbare R139 miljoen wat vir die nasionale droogtetoestand bewillig is, is gevolglik onder die provinsies verdeel wat wel aansoeke betyds ingedien het.

Dit is betreurenswaardig dat die Vrystaatse regering nie aansoek gedoen het nie, omdat die Vrystaat as die voedselmandjie van Suid-Afrika beskou word. Boere in die Bultfontein-distrik word al vir jare deur meerjarige droogte geteister en dit is onaanvaarbaar dat hierdie boere nie enige verligting sal ontvang nie weens die provinsiale regering se onverantwoordelike optrede.

Die provinsiale regering se nalatige optrede en houding teenoor kommersiële boere kan nie langer geduld word nie.

Die VF Plus sal ‘n skriftelike vraag hieroor by die Vrystaatse wetgewer indien en eis dat die provinsiale regering verantwoording doen aan kommersiële landbou in die Vrystaat.

Navrae: 084 206 3375

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.