Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse onderwysdepartement weerhou skole se fondse

Die VF Plus veroordeel die boeliegedrag van die Vrystaatse onderwysdepartement wat eensydig besluit het om ’n gedeelte van openbare skole se hulpbrontoewysings terug te hou sonder behoorlike konsultasie of kennisgewing aan skole en hul beheerliggame.

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse LUR vir onderwys, Mamiki Maboya, verduidelik waarom hierdie fondse weerhou word.

Volgens Fedsas het sewe van die nege provinsiale onderwysdepartemente nie hul volle hulpbrontoewysings aan openbare skole uitbetaal nie. In die Vrystaat is slegs ’n gedeelte van die fondse oorbetaal.

Skole het verantwoordelikhede, veral ten opsigte van leer- en onderrigmateriaal en kan dit nie bekostig dat eensydige besluite hul finansiële beplanning en daaglikse funksionering ontwrig nie.

Dit is veral kommerwekkend dat die fondse summier weerhou word sonder dat skole en hul beheerliggame van die besluit in kennis gestel is.

Dit bevestig die VF Plus se vrees dat die nuwe Bela-wet, die onderwysdepartement te veel mag gee terwyl beheerliggame se magte ingeperk word.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op die departement te plaas om die verreikende gevolge van die departement se besluit te keer en om te verseker dat skole die fondse ontvang waarop hulle geregtig is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.