fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse aansuiweringsbegroting dui op verkeerde prioriteite

Die Provinsiale Aansuiweringsbegroting vir 2016/2017 is Vrydag gedurende die Vrystaatse Wetgewersitting deur die LUR vir finansies, me. Elsabe Rockman, ter tafel gelê.

Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, het gesê dit is betreurenswaardig dat beperkte fondse in sekere gevalle aan verkeerde prioriteite toegewys is. Die R31 miljoen waarmee die departement van die premier se begroting verhoog is, is grootliks onnodig. So ook is die R8.5 miljoen wat by die begroting van die Macufe-fees, wat reeds plaasgevind het, gevoeg is onaanvaarbaar gegewe meer drukkende prioriteite in die provinsie.

Wessels het bemerk dat die beperkte fiskus en gedempte ekonomiese groei die taak van die LUR vir finansies aansienlik bemoeilik. Hy verwelkom die feit dat die provinsiale tesourie daarin geslaag het om reeds 150% van hul teiken vir inkomstegenerering vir die jaar te bereik en dat die provinsie se inkomstestroom na verwagting hoër as die aanvanklike begrote inkomste vir die finansiële jaar gaan wees, maar het bygevoeg dat daar steeds beperkte fondse en groeiende behoeftes bestaan.

Dit is jammer dat daar steeds geen voorsiening gemaak word om addisionele befondsing vir droogtehulp beskikbaar te stel nie, dit terwyl R13.5 miljoen van ander departemente weggeneem word om aan die kantoor vir die premier te allokeer vir sogenaamde provinsiale kommunikasie. Dit dui op verkeerde prioriteite te midde van erge finansiële tekorte en ‘n provinsie wat in ‘n krisis verkeer.

 

Kontaknommers: 072 997 8315 / 051 407 1104

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.