Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaat se departement van samewerkende regering verloën gemeenskappe

Die bestuur van die Vrystaatse munisipaliteite is in ‘n jammerlike toestand terwyl die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering, Skully Nxgangisa , dink hy hoef geen politieke verantwoordelikheid vir munisipaliteite onder sy beheer te aanvaar nie.

Vrystaatse munisipaliteite wat onder administrasie geplaas is, sou vandag voor die Vrystaatse wetgewer se komitee vir openbare rekeninge verskyn het nadat elkeen van dié munisipaliteite se verskynings reeds verlede week uitgestel is. Die LUR het egter nie opgedaag vir die vergadering nie.

Dié drie munisipaliteite (Mafube, Masilonyana en Maluti-a-Phofung) is deur die provinsiale uitvoerende raad onder administrasie geplaas omdat die munisipaliteite nie aan die minimumvereistes van ‘n funksionerende munisipaliteit voldoen nie.

Die Mafube- en Masilonyana-plaaslike munisipaliteite is sedert 2017 onder administrasie. Hierdie munisipaliteite se oudit-uitkomste en finansiële posisies het egter sedertdien verswak en provinsiale ingryping het gefaal.

Die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit het nie voor die komitee verskyn nie omdat die topbestuur ‘n konferensie in Durban bywoon. Maluti-a-Phofung se burgemeester was ook nie aanwesig nie en het ‘n burgemeesterskomiteelid gestuur om sake namens hom te behartig.

Die LUR en die departementshoof van die departement van samewerkende regering, mnr. Mokete Duma was afwesig en het ná aanvang van die vergadering eers verskoning gemaak.

‘n Spesiale vergadering is vandag gereël om die LUR te akkommodeer. Daar word verneem dat die LUR in die Maluti-a-Phofung-plaaslike munisipaliteit is om ‘n waterprobleem aan te spreek. Die departementshoof het weens studieverpligtinge verskoning gemaak.

Sekere van die munisipaliteite het reeds twee keer kostes aangegaan om die vergaderings by te woon wat keer op keer uitgestel word weens amptenary en politici wat nie die vergaderings ernstig opneem nie. Dit is juis hierdie munisipaliteite wat nie onder enige omstandighede vrugtelose en verkwiste uitgawes kan bekostig nie.

Die VF Plus eis dat die betrokke amptenare en in besonder die LUR en departementshoof in hul persoonlike hoedanighede aanspreeklik gehou word vir hierdie vermorste onkostes.

Daar is geen twyfel nie dat die stand van munisipaliteite toegeskryf kan word aan ‘n tekort aan politieke leierskap en wil. Dit is duidelik dat die ANC nie beheer oor sy amptenare in leierskapposisies het nie. Die LUR se afwesigheid is ‘n beduidende voorbeeld van sy ongeërgdheid om verantwoording te doen oor die chaos waarin munisipaliteite gedompel is.

Gemeenskappe is die slagoffers van die ANC se wanbestuur en wanadministrasie. Die VF Plus sal aanhou om die ANC tot verantwoording te roep.

Kontaknommer: 084 206 3375

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.