Die Gautengse LUR vir gesondheid, dr. Nomthemba Mokgethi, moet verantwoordbaar gehou word vir misleidende inligting aan die Gautengse wetgewer oor die aanstelling van mnr. Ashley Mthunzi as hoof uitvoerende beampte van die Thembisa-hospitaal.
Dr. Mokgethi het aanvanklik ontken het dat sy bewus was van ‘n dissiplinêre klag teen Mthunzi.
Nou het sy skriftelik aan die wetgewer erken dat Mthunzi, wat intussen geskors is, se vorige werkgewer, die Pohlong-hospitaal, ‘n dissiplinêre klag teen hom aanhangig gemaak het.
Die LUR beweer dat die onderhoudskomitee tydens die keuringsprosesse nie daarvan bewus was nie.
Die VF Plus is van mening dat daar streng opgetree moet word teen die weerhouding van belangrike inligting met die keuringsproses vir senior poste.
Mthunzi het ook die geleentheid gehad om oop kaarte met die onderhoudskomitee te speel en hom van die klagte in te lig. Hy moes nooit in die pos van hospitaalhoof aangestel gewees het nie.
Die VF Plus sal die situasie dophou en verdere stappe neem.