Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Volgehoue druk deur VF Plus in Phokwane werp vrug af

Volgehoue druk op die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstat) rakende twee van die mees dringende probleme wat inwoners ervaar, die toestand van Hartswater se watersuiweringsaanleg en Jan Kempdorp se rioollekkasie, werp tans vrug af.

Dit volg nadat die VF Plus met die herverkiesing in November 2020 op die munisipale raad verkies is en stappe geneem het om hierdie probleme reg te stel.

Vroeër hierdie maand het die munisipaliteit begin om die watersuiweringsaanleg se instandhouding op datum te bring en die sandfilters word tans vervang. Gister (Woensdag) het die munisipaliteit ook begin om aan die rioolprobleem te werk.

Formele stappe om die munisipaliteit tot aksie te dwing, sluit in 'n brief aan die waarnemende munisipale bestuurder, me. Kealoboga Gabarone, wat haar op haar wetlike verpligtinge wys en ‘n klag by die burgemeester, mnr. Olebogeng Tumodi, teen Gabarone rakende finansiële wanbestuur.

Nadat die burgemeester versuim het om dié klag kragtens die gedragskode vir senior bestuurders binne die voorgeskrewe sewe dae in die raad ter tafel te lê, is 'n versoek gerig aan die provinsiale LUR vir samewerkende regering, mnr. Bentley Vass, om dringend in te gryp.

Dit is onaanvaarbaar dat sulke drastiese stappe nodig is om munisipale amptenare te dwing om bloot hul werk te doen.

Hierdie was ook van die probleme wat die Vaalharts-belastingbetalersvereniging in ‘n griefskrif geïdentifiseer het waarin aangedring is dat dit die nodige aandag geniet. Die griefskrif is op versoek deur die VF Plus tydens ‘n protesoptog aan die burgermeester oorhandig.

Dit is ‘n bewys dat gemeenskappe wat opstaan vir hul regte wel resultate kry. Saam kan ons opstaan en deur sterk optrede ‘n verskil maak.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg vir basiese dienslewering. Gemeenskappe is geregtig om dienste waarvoor hulle betaal te ontvang.

Navrae: 072 938 8588

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.