fbpx
Vryheidsfront Plus

Vlaag van geweldsmisdaad in die Noord-Kaap plaas klem op gemeenskappe se verantwoordelikheid

Die moord op die 80-jarige mev. Hannetjie Kruger in Upington, sowel as beeldmateriaal op sosiale media wat wys hoe 'n dame in Kuruman aangeval en beroof word, onderstreep die verantwoordelikheid van gemeenskappe om na hul eie veiligheid om te sien. 

Mev. Kruger en haar man, wat op 'n plaas buite die dorp woon, het hul kinders uitgehelp omdat hulle met een van die kleinkinders vir mediese behandeling na Bloemfontein moes gaan. Hulle het in die dorp kom woon om die ander kinders te versorg en rond te karwei. Dit is juis toe mev. Kruger nie by die skool uitgekom het nie, dat alarm gemaak is.

In teenstelling met Upington is Kuruman bekend as 'n misdaadbrandpunt in die Noord-Kaap. Daar is die dilemma dat die ontplooiing van die polisie volgens die dorp se permanente bevolking bereken word.

Bedags kom sowat tien keer die dorp se eie bevolking van 13 000 uit die landelike dele van die Ga-Segonyana-munisipaliteit waarin die dorp geleë is, en die naburige Joe Morolong-munisipaliteit na die dorp. Dit skep 'n onpolisieerbare situasie. Die gemeenskap neem reeds sterk verantwoordelikheid vir veiligheid, maar kan nie voorbly nie.

Die VF Plus wil gemeenskappe daaraan herinner dat alle besoekers aan hul huise en erwe sekere inligting kan bekom. Iemand wat misdaad beplan, kan maklik by 'n tuindiensonderneming aansluit, of as tydelike werker 'n huis en erf binnedring.

Daarom is dit noodsaaklik om altyd paraat te wees en mooi te dink aan wie toegang tot 'n mens se eiendom gegee word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.