Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus wys minister van handel en nywerheid op noodsaak van nuwe beleidsrigtings

Die VF Plus het die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, vandag tydens ‘n portefeuljekomitee-vergadering gewys op die noodsaak vir die implementering van nuwe beleidsrigtings om die Suid-Afrikaanse ekonomie en handel te stimuleer.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie was reeds voor die uitbreek van die Covid-19-pandemie in ‘n uiters verswakte staat na 26 jaar onder ‘n ANC-regering vanweë onwerkbare beleidsrigtings, wanadministrasie, staatskaping en korrupsie.

Die VF Plus het minister Patel versoek om in ag te neem dat ‘n post Covid-19-Suid-Afrika drasties anders gaan lyk. Konsultasie moet inklusief wees en volgehoue rasdiskriminerende wetgewing moet laat vaar word. Die president en sy ministers verwys egter midde-in die pandemie steeds na apartheid as die groot sondebok hiervoor terwyl die regering se rol daarin verswyg word.

Die VF Plus sal homself daarvoor beywer om in die werklikheid van die internasionale krisis en humanitêre ramp wat Suid-Afrika in die gesig staar, die venster van geleentheid te benut om aan ‘n beter en regverdige toekoms te bou.

Kontaknommers: ‪082 466 3786‬ / ‪062 391 1804‬

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.