Die VF Plus het die rol gekry as waghond in Noordwes se provinsiale wetgewer deurdat een van sy lede, De Wet Nel, eenparig as die voorsitter van die oorsigkomitee van die wetgewer verkies is.
Die hooffunksies van die komitee is onder meer om oorsig te doen oor die finansiële bestuur, nakoming aan finansiële wetgewing, regulasies en die oorweging van jaarverslae van die provinsiale wetgewer.
Dit is die gebruik dat opposisielede as voorsitters dien op oorsigkomitees. Die oorsigkomitee vorm nie deel van die uitvoerende gesag nie en die VF Plus sal voortgaan om as 'n sterk opposisie die ANC-regering op sy tone te hou.
Die VF Plus het die ANC duidelik laat verstaan dat deursigtigheid, korporatiewe beheer, skoon regering en optimale aanwending van staatshulpbronne sy prioriteit sal wees. Dié party sal sy funksie met erns verrig in die beste belang van alle belastingbetalers.
Kontakbesonderhede: 082 529 3001 / 082 645 0537