fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-vroue uitgesluit uit opleiding van vyftig raadslede in Gauteng

Vroulike raadslede van die VF Plus is uitgesluit uit die opleiding van vyftig vroue-raadslede van munisipaliteite regoor Gauteng wat die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA) van dié provinsie vroeër vanjaar aangebied het teen ‘n bedrag van R682 110.

Die doel van die kursus van vyf dae was om vroulike raadslede te bemagtig om ‘n oorsigrol te speel en om kennis en beter verstaanbaarheid te bewerkstellig oor die onderskeie munisipaliteite se program van geslag, jeug en persone met gebreke.

‘n Bedrag van R252 000 is aan ‘n diensverskaffer betaal om die kursus aan te bied terwyl die konferensie-geriewe en akkommodasie R430 000 beloop het.

Die VF Plus is van mening dat hierdie uitgawe onnodig was aangesien dit die werk van die Suid-Afrikaanse Plaaslike-Regeringsvereniging (Salga) is om raadslede op te lei en vir induksie-kursusse te stuur en nie die van CoGTA nie.

Die departement van samewerkende regering en die LUR sal meer duidelikheid oor die aangeleentheid moet gee en aandui wie die raadslede is wat die kursus bygewoon het en watter partye in die onderskeie rade hulle verteenwoordig.

Indien net ANC-raadslede genooi is, sal die VF Plus daarop aandring dat die ANC in Gauteng die volle bedrag terugbetaal aan die departement. Daar moet ook verduidelik word waarom niemand van die VF Plus genooi is om die kursus by te woon nie.

Kontakbesonderhede: 060 556 4347

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.