Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra optrede om probleme in Secunda se voertuig-lisensiekantoor op te los

Die swak diens wat die gemeenskap van Secunda in die plaaslike voertuiglisensie-kantoor ontvang, is onaanvaarbaar en die VF Plus sal die saak opneem met die munisipale bestuurder en die provinsiale LUR vir vervoer.

Klagtes oor die kantoor kom al ‘n geruime tyd. Die probleem word meermale ervaar dat die rekenaarstelsel van lyn is of selfs dat die papier waarop lisensieskyfies gedruk word, nie beskikbaar is nie.

Dit het al daartoe gelei dat voertuigeienaars wat hul motorlisensies wil hernu, maar dit weens probleme in die lisensiekantoor nie kan doen nie, beboet word omdat hulle met lisensies ry wat verstryk het.

Dit gebeur ook gereeld dat daar nie genoeg personeellede aan diens is om die lang toue mense te help nie. Vanoggend het die humeure weer byna handuit geruk nadat persone wat van vroeg reeds gewag het om gehelp te word, moes toesien hoe nuwe aankomelinge voor hulle gehelp word.

Hierdie soort swak diens en onbevoegdheid is totaal onaanvaarbaar. Voertuigeienaars kan nie ‘n hele dag of selfs meer mors om hul lisensies te hernu bloot omdat die dienslewering by die kantoor so swak is nie.

Dit is jammer dat wetsgehoorsame en pligsgetroue landsburgers op alle vlakke van regering toenemend die prys moet betaal vir die ANC se totale onvermoë om te bestuur en die VF Plus sal nie toelaat dat hierdie onbevoegdheid en swak dienslewering langer voortduur nie.

Kontaknommer: 082 795 8895

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.