fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-voorwaardes vir ontbinding van Mamusa-munisipaliteit

Die nasionale raad van provinsies (NRP) het vandag besluit die Mamusa-plaaslike munisipaliteit (Schweizer-Reneke) moet ontbind en die VF Plus het verskeie voorwaardes vir dié ontbinding voorgestel.

Die voorwaardes sluit 'n deeglike keuringsproses in vir die aanstel van die administrateur om te verseker dat die persoon bevoeg is om sy rol suksesvol te vertolk, asook dat die administrateur deurentyd 'n vorderingsverslag aan die provinsiale wetgewer moet voorlê.

Dit was tot op hede nie ‘n vereistes nie en die NRP het die voorstel aanvaar. Die VF Plus beskou dit as ‘n deurbraak wat veel kan doen om goeie bestuur in plaaslike regering te vestig.

Die VF Plus het ook versoek dat die vakante poste van munisipale bestuurder en hoof-finansiële beampte direk na die aanstelling van die administrateur geadverteer word om seker te maak dat dienslewering en administrasie sinvol voortgaan.

Die NRP het ook goedgekeur dat 'n finansiële oudit in die munisipaliteit gedoen sal word.

'n Kennisgewing van ontbinding sal aan die munisipale raad gestuur word wat tot gevolg sal hê dat die raad binne veertien dae na die ontvangs van die kennisgewing moet ontbind.

Die VF Plus sal volhou om druk toe te pas om 'n gesonder munisipale raad daar te stel en toe te sien dat korrupte amptenare en politici aan die pen ry .

Kontaknommer: 079 885 1135

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.