fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-voertuig help vermeende sakkeroller in Kimberley vastrek

Die oranje voertuig waarmee die VF Plus se Noord-Kaapse organiseerder, Wilhelm Reichert, sy werk doen, is ‘n bekende gesig op die provinsie se uitgestrekte paaie. Donderdag het dit egter ‘n nuwe rol gespeel toe Reichert dit gebruik het om ‘n beweerde selfoondief vas te trek.

Reichert was besig om te werk toe hy 'n skoolmeisie van Adamantia Hoërskool, hoor skree. Met sy aankoms op die toneel het Reichert se buurman reeds die meisie te hulp gesnel. Haar selfoon is gesteel en ‘n verdagte het daarmee weggehardloop. Hy het onmiddellik die buurtwag in kennis gestel en in sy voertuig, liefderyk “Die Nartjie” genoem, gespring en die verdagte ingejaag.

Met die hulp van die gemeenskap, 'n plaaslike besigheid se werknemers en polisie wat gou op die toneel was, is die verdagte tot stilstand gebring en die selfoon is by hom gevind.

Hierdie voorval wys hoe ‘n gemeenskap wat deur buurtwagte en ander instellings saamstaan, die polisie kan help om misdaad te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.