fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom skorsing van uitvoerende hoof van Raad van Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika

Die VF Plus verwelkom die skorsing van die uitvoerende hoof van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA), dr. David Motau.

Motau is Maandag hierdie week saam met twaalf ander persone in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie en bedrog tydens sy termyn as hoof van die Vrystaatse departement van gesondheid.

Die optrede het gevolg nadat die ouditeur-generaal (OG) die departement versoek het om inligting te verskaf oor beweerde vals of vervalste versoeke vir betalings tussen Januarie 2011 tot Desember 2015 by die Vrystaatse departement van gesondheid. Dienste is glo nie deur die betrokke diensverskaffers gelewer nie.

Die ongerymdhede het belastingbetalers R8 miljoen gekos en intussen het ‘n reeds sukkelende gesondheidsorgstelsel in die Vrystaat verder verswak.

Motau se skorsing volg te midde van president Cyril Ramaphosa se weerhouding van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor ‘Digital Vibes’ waardeur die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, glo bevoordeel is.

Individue wat belastingbetalers se geld steel wat vir gesondheidsorg bedoel is, moet die swaarste moontlike straf opgelê word.

Die ANC kan nie voortgaan om Suid-Afrikaners se gesondheidsorg van hulle te beroof nie en die VF Plus sal aanhou om druk op die regering te plaas om toe te sien dat korrupsie in die departement hok geslaan word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.