fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom OB se optrede in die PEU Capital slimmeter-sage

Die VF Plus ondersteun die openbare beskermer, Thuli Madonsela, se oproep aan die burgemeester van Tshwane, Kgosientso Ramokgopa, om beweerde korrupsie rondom die omstrede slimmeters in die stad te kom verduidelik, sê Awie Erasmus, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad.

Ernstige bewerings rondom onreëlmatighede oor die slimmeter-kontrak tussen die Tshwane-munisipaliteit en Peu Capital het die wenkbroue uit verskeie oorde laat lig.

Daar word beweer dat daar reeds meer as R1,5 miljard se verliese is. Die deursigtigheid van die kontrak word nou bevraagteken.

“Ramokgopa sal redes moet verskaf hoekom sy kantoor nie die gevraagde inligting betyds aan die openbare beskermer verskaf het nie.”

Thuli Madonsela se optrede volg nadat die VF Plus ‘n klag in Julie vanjaar by die openbare beskermer ingedien het. Rdl. Erasmus het die besluit verwelkom. “Ons is bly dat hierdie ernstige saak nou aangespreek word.”

Die VF Plus moes noodgedwonge die openbare beskermer nader in aansluiting tot ‘n vorige klag hieroor omdat die Tshwane-raad nie bevredigende antwoorde aan die VF Plus kon verskaf nie.

Die VF Plus het die volgende vrae aan die Tshwane-raad gevra:

Rdl. Erasmus het sy kommer uitgespreek teenoor die Stad van Tshwane se onvermoë en onwilligheid om die belangrike inligting aan die openbare beskermer te verskaf. “Die onwilligheid van die stadsraad om met die openbare beskermer saam te werk is kommerwekkend en dit blyk dat daar wel wanadministrasie en bedrog betrokke is.”

 

Awie Erasmus

Raadslid: Tshwane Metro Raad

Tel: 072 815 4053

awieerasmus@gmail.com

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.