fbpx
Vryheidsfront Plus

Prasa erken ‘n gebrek aan opgeleide amptenare lei tot foute, maar erken nie die rol van regstellende aksie

Die lys van verskonings vir alles wat in Suid-Afrika verkeerd loop, word net langer, maar steeds weier enigiemand van owerheidskant om te erken dat regstellende aksie (RA) die land en sy instellinge lamlê en vernietig, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Adv. Alberts sê dit is tragies dat Prasa se projekbestuurder, Rudzani Mulaudzi, nou reeds die ernstige gevolge van RA raaksien, maar dat hy dit nie by die naam wil noem nie.

Luidens die Business Day (13 November 2015) erken Mulaudzi dat onafgehandelde projekte, geldvermorsing en die onvermoë om infrastruktuur in stand te hou, enkele nagevolge is van ‘n ‘erge tekort aan geskoolde werkers in Suid-Afrika, nieteenstaande reuse begrotings wat hulle ontvang’.

Adv. Alberts sê dit is al ‘n stap in die regte rigting as sommige mense raaksien wat die gevolge van RA is. Nou moet hulle net prontuit erken wat dit veroorsaak.

“Dit is baie eenvoudig. Die VF Plus kan vir die owerhede sê dit is omdat geskoolde wittes op elke moontlike gebied uit die arbeidsmark gedryf is en steeds nie welkom is nie bloot omdat hulle wit is. Dit is ‘n skande.

“Daar moet sonder meer weggedoen word met RA. Dit vernietig die land en sy ekonomie en elke moontlike probleem wat tans ondervind word, van gesondheid en onderrig tot water- en kragtekorte, hou direk daarmee verband,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.