Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom metropolisie se ondersoek na aanranding op prof. André Thomashausen

Die VF Plus verwelkom ‘n ondersoek deur die Tshwane-metropolisie na van sy lede wat na bewering verlede week prof. André Thomashausen, ‘n afgetrede Unisa-dosent, aangerand, beledig en wederregtelik in hegtenis geneem het.

Prof. Thomashausen is in Irene, Centurion deur metropolisielede van die pad getrek na ‘n aand uit saam met twee Duitse vriende.

Klagtes van aanranding, crimen injuria en intimidasie teen prof. Thomashausen is intussen in ‘n landdroshof in Pretoria teruggetrek.

Hierdie is die tweede voorval in ‘n paar maande waarin die Tshwane-metropolisie betrokke is.

‘n Video wat op sosiale media versprei is, wys hoe Kymie du Toit gedurende Desember verlede jaar in Pretoria uit haar motor geruk en hardhandig hanteer is.

Die optrede volg glo nadat Du Toit geweier het om uit haar voertuig te klim toe ‘n lid van die Tshwane-metropolisie haar van die pad probeer druk terwyl sy na ‘n veilige plek probeer ry het.

Hierdie beweerde brutaliteit van die Tshwane-metropolisie word ten sterkste veroordeel. Sulke gedrag deur metropolisielede is onaanvaarbaar. Die keuring en opleiding van wetstoepassers in Suid-Afrika moet dringend onder die vergrootglas geplaas word om voorvalle soos hierdie te verhoed.

Die VF Plus wag op die uitslag van die ondersoek waarna verdere optrede deur die party oorweeg sal word.

Kontaknommer: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.