Die VF Plus verwelkom die totstandkoming van die Kaapse Forum, ‘n burgerregte-organisasie vir die bevordering en beskerming van die belange van bruin Wes-Kapenaars.
Die party wil ook sy gelukwensing uitspreek teenoor die radio-en-TV-persoonlikheid Heindrich Wyngaard wat aangewys is as die uitvoerende voorsitter van Kaapse Forum.
Dit is van die allergrootste belang dat die bruin burgerlike gemeenskap betrokke raak by sy eie en die Wes-Kaap se toekoms.
Die bruin gemeenskap is die meerderheidsgemeenskap in die Wes-Kaap en dit is ook danksy hierdie gemeenskap dat Afrikaans die meerderheidstaal in die Wes-Kaap is.
Daar wag ‘n baie groot en belangrike rol vir Kaapse Forum. Dit is noodsaaklik dat veral die platteland in die Wes-Kaap dringend bestendig moet word voordat die veral van die platteland ook in die Wes-Kaap ervaar word soos wat dit reeds elders in Suid-Afrika die geval is.
Die VF Plus in die Wes-Kaap is verbind daartoe om die Wes-Kaap uit die hande van die ANC/EFF en ander radikales te hou.
In hierdie verband reik die VF Plus ‘n hand van vriendskap en samewerking na Kaapse Forum uit.