fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien aksieplan in om paaie in en om Nkomazi-munisipaliteit veiliger te maak

Die VF Plus het na vele klagtes van inwoners oor die toestand van die paaie in en om Komatipoort en Marlothpark in die Nkomazi-plaaslike munisipaliteit ‘n aksieplan opgestel om die paaie veiliger te maak vir padgebruikers.

Die plan is ingedien by die munisipaliteit, distriksmunisipaliteit en Mpumalanga se LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, Mohita Latchminarian.

Die roetes sluit in die D1870 na Marlothpark en die R571 na Ngwenya.

'n Groot aantal erts- en houtvragmotors, wat soms glo oorlaai is, gebruik daagliks die roetes wat die bestaande padinfrastruktuur verder vernietig.

Komatipoort se hoofstraat is onlangs na 30 jaar die eerste keer oorgeteer, maar weens die vragmotor-verkeer is die padoppervlak reeds weer beskadig.

Die paaie het ook menige slaggate ná die onlangse swaar reën wat kan lei tot ongelukke en gepaardgaande lewensverlies.

Omdat daar geen alternatiewe roetes vir die vragmotors is nie, het die VF Plus die volgende voorstelle ingedien om padveiligheid te verbeter:

• Die oprig van weegbrûe om te voorkom dat oorlaaide vragmotors die roetes gebruik;
• Die aanbring van kameras by vierrigtingkruisings om vragmotorbestuurders wat nie daar stop nie, te vervolg;
• Ontplooiing van meer verkeersbeamptes;
• Die aanbring van spoedhobbels en sirkels by die dorpsingange;
• Die skraap van die grondpaaie na Marlothpark moet dringend geskied aangesien baie toeriste dit besoek en dit ‘n groot bydrae tot die ekonomiese vooruitgang van die munisipaliteit kan maak;
• Om ‘n bewusmakingsveldtog te loods om padgebruikers bewus te maak van die gevare op die roetes.

Die VF Plus se LPW in Mpumalanga se wetgewer, Werner Weber, het ook die LUR versoek om hom op oorsigbesoek te vergesel om haar te wys op die paaie se toestand.

Die veiligheid van padgebruikers en die onderhoud van padinfrastruktuur is vir die VF Plus ononderhandelbaar. Die party sal aanhou druk uitoefen op die betrokke owerhede om dit as prioriteit te behandel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.