fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom ingryping in Mogalakwena-munisipaliteit

Die VF Plus in Limpopo verwelkom die besluit van Limpopo se LUR vir samewerkende regering, menslike nedersetting en tradisionele sake (Cogta), Basikopo Makamu, om die Mogalakwena-munisipaliteit onder administrasie te plaas.

Mogalakwena gaan swaar gebuk onder korrupsie, wanbesteding, bedrog en swak dienslewering weens die aanstelling van onbevoegde mense in sleutelposte. Die verval van die dorp en omgewing is duidelik te sien en die gemeenskap van Mokopane (Potgietersrus) verdien beter.

Mnr. Frans Boshielo is aangestel as die hoof van die ingrypingsaksie en hy sal die span lei wat sal toesien oor eksterne aankope, munisipale finansies, voorsieningsketting-spesialiste, mensehulpbronne, inligtingstegnologie en regs- en arbeidsverhoudinge.

Boshielo se pligte as hoof van die span is soos volg:

a) Koördineer die aktiwiteite van die ingrypingspan en rapporteer maandeliks aan die departementshoof en die munisipaliteit.
b) Monitor die ontwikkeling en implementering van die ingrypingsplan in gebiede wat die departement vooraf geïdentifiseer het.
c) Koördineer alle sleutelbestuurstrukture in die munisipaliteit om die funksionaliteit daarvan te verseker.
d) Ontwikkel stelsels en prosesse om die volhoubaarheid van die ingryping te verseker.

Die VF Plus sal sake in die munisipaliteit dophou gedurende die jaar van die span se werksaamhede. Die VF Plus hoop van harte daar sal daadwerklike verbeterings plaasvind en dat opgetree sal word teen persone wat hulle aan ongerymdhede skuldig gemaak het.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.