fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Appèlhofuitspraak teen rassebepalings van toerisme-ekwiteitsfonds (TEF)

Die VF Plus verwelkom die Appèlhofuitspraak in Bloemfontein waarin bevind is dat die toepassing van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) onwettig is as voorwaarde vir bystand aan klein, mediumgroot en mikro-ondernemings (KMMO’s) in die toerismebedryf wat deur die Covid-19-inperkings benadeel is.

Die VF Plus het by herhaling uitgewys dat die voormalige minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, se aandrang op die toepassing van SEB as kriterium vir KMMO’s om te kwalifiseer vir bystand deur die toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) neerkom op siniese magsmisbruik om die ANC se rasagenda te bevorder.

Dit terwyl sake-ondernemings in die toerismebedryf landwyd gely het onder die impak van die Covid-19-inperkings en duisende mense hul werk verloor het.

Die VF Plus het ook deurentyd benadruk dat die pandemie effektief die “rasse-speelveld” in die toerismebedryf gelyk gemaak het en dat die voortgesette toepassing van SEB-regulasies dus des te meer neerkom op kwaadwillige diskriminasie.

Die VF Plus sal voortgaan om druk toe te pas dat die FET-fonds alle KMMO’s wat deur die pandemie skade gely het, bystaan sonder rasse-vooroordeel.

Dit is ‘n skande dat die ANC-regering steeds voortgaan met sy rasbeheptheid en selfs ‘n pandemie probeer misbruik om sy immorele politieke agendas te bevorder.

Kiesers moet kennis neem van die optrede van die ANC en in die komende plaaslike regeringsverkiesing saam met die VF Plus opstaan en sterk staan teen die regering se rasgegronde beleid wat net armoede en ellende tot gevolg het.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.