Die VF Plus verwelkom die beslissing van die Pretoriase hooggeregshof dat die skorsing van die hoof van die Valke, lt.genl Anwa Dramat, asook die aanstelling van ‘n nuwe hoof, genl.maj. Benny Ntlemeza, onwettig was, sê dr. Pieter Groeneweld, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.
Die hof het die skuiwe vandag omgekeer en Dramat met onmiddelike effek in sy pos as hoof van die Valke herstel.
Dr. Groenewald sê dit was duidelik dat daar politieke inmenging was om van Dramat ontslae te raak omdat die Valke besig was met ondersoeke na hoë profiel-persone .
Hy sê die beslissing is ‘n oorwinning vir grondwetlike demokrasie aangesien wetgewing van die parlement deur die Grondwethof ongeldig verklaar is en nou toepassing vind in die praktyk.
“Die onlangse skorsing van persone in die Valke, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) en die Nasionale Vervolgingsgesag skep die indruk dat politieke inmenging wil voorkom dat invoedryke persone vervolg word weens misdaad.
“Veral georganiseerde misdaad word bevorder met die skorsings van die amptenare in die verskillende departemente.
“Dramat is ‘n persoon met hoë integriteit wat sy werk met ywer en nougesetheid uitgevoer het en verdien om deur die minister van polisie erken te word,” sê dr. Groenewald.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403