Die VF Plus het die Menseregtekommissie (MRK) versoek om ‘n klag van haatspraak te ondersoek teen ‘n student van die Noordwes-Universiteit (NWU) aangaande uitlatings wat sy oor die Swart Maandag-protesaksie op haar Facebookblad gemaak het, sê Michal Groenewald leier van die VF Plus in Noordwes.
Volgens Groenewald het die student, Phomolo Moaba, se inskrywig gelui: “Wearing black won’t change a thing!! Youre(sic) all gonna(sic) be murdered like your master Terreblanche”.
Groenewald sê Moaba se uitlating is blatante haatspraak en die klag is by die MRK aanhangig gemaak aangesien die VF Plus dit nie sal duld nie.
“Al het Moaba haar kommentaar van die blad verwyder en om verskoning gevra, is die skade reeds gedoen. Suid-Afrika is op ‘n mespunt wat rassepolarisasie aanbetref en ons kan net eenvoudig nie meer sulke uitsprake aanvaar nie.
“Sulke uitlatings is uiters onverantwoordelik en onaanvaarbaar in die vry en demokratiese samelewing wat Suid-Afrika veronderstel is om te wees.
“Die VF Plus het die MRK gevra om die voorval as ‘n saak van dringendheid te ondersoek en sal dit nie laat vaar totdat daar teen Moaba opgetree word nie,” het Groenewald gesê.
Kontakbesonderhede: 079 409 8342