fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vermoed vreugdevure oor onttrekking van groenskrif oor nasionale pensioenfonds is voortydig

Die VF Plus het nie die vrede vertrou met die departement van maatskaplike ontwikkeling se onttrekking van die groenskrif oor die nasionale pensioenfonds nie en het vermoed dat die vreugdevure voortydig is.

Die party se vermoedens is korrek bewys toe die departement aangekondig het dat die groenskrif bloot tydelik onttrek is ten einde foute wat daarin voorkom, reg te stel. Die tyd sal leer of die foute wat reggestel word, enigsins aan die wese van die groenskrif raak.

Die ANC is bekend daarvoor om vals en onbekostigbare beloftes voor verkiesings aan kiesers te maak en selfs daaraan uitvoering te gee nieteenstaande die onmoontlikheid daarvan.

Die VF Plus is van mening dat die ANC ernstig is oor die groenskrif, aangesien die ANC se swak ekonomiese bestuur van die land reeds voor die Covid-19-pandemie talle ANC-kiesers in verdere armoede gedompel het en hy bekommerd is oor sy steunvlakke.

Die uitwerking van die pandemie, die gevolglike grendelstaat met talle irrasionele inperkings en die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie, het die gat waarin die ANC is, net dieper gemaak.

Die gevolg daarvan is dat die ANC vinnig steun begin verloor en daarom moet 'n kitsoplossing aan die kiesers voorgehou word in die vorm van 'n nasionale pensioenfonds en basiese inkomstetoelaag.

Gevolglik gaan die VF Plus homself staal vir 'n reuse stryd om te keer dat die groenskrif uiteindelik 'n bindende wet word.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.