fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus trots op Limpopo-leerling wat spog met plek op IEB-lys

Die VF Plus in Limpopo wil graag die Stanford Lake College-leerling David Pullinger geluk wens met sy uitsonderlike akademiese prestasie wat aan hom ‘n plek op die gesogte Onafhanklike Eksamenraad se lys (IEB-lys) vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen besorg het.

Dit is ‘n merkwaardige prestasie en David is onder die top 1% in die land vir rekenaartoepassingstegnologie, inligtingstegnologie en wiskunde. David is afkomstig van Mokopane (Potgietersrus) en is ‘n voorbeeld en rolmodel vir vandag se leerling oor wat vermag kan word met harde werk en deursettingsvermoë.

Die departement van onderwys en die regering moet alles moontlik doen om aan sulke top-presteerders die nodige ondersteuning te bied. Dit sal verseker dat hulle hul loopbane in Suid-Afrika voortsit.

Suid-Afrika verloor te veel deskundiges en professionele mense in die arbeidsmark wat groener weivelde oorsee gaan soek. Dit plaas die ekonomie onder druk aangesien daar nie genoeg deskundiges in die werksomgewing is nie.

Die VF Plus wens David alle voorspoed toe met sy toekoms.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.