Eskom se aankondiging eergister (Dinsdag) in ‘n plaaslike koerant van sy voorneme om Krugersdorp, Pine Haven, Munsieville en Ruimsig se kragtoevoer vanaf 12 Maart vanjaar daagliks met ure te onderbreek, het verreikende gevolge vir inwoners en veral sake-ondernemings.
Volgens die kennisgewing in die Krugersdorp Nuus volg die optrede na die Mogale City-plaaslike munisipaliteit nie sy afbetalingsooreenkoms met Eskom nagekom het nie en nagelaat het om addisionele reëlings te tref om sy skuld te betaal. Die munisipaliteit skuld Eskom meer as R119 miljoen.
Die VF Plus het reeds verlede jaar Mogale City gewaarsku om sy afbetalingsooreenkoms met Eskom na te kom. Die munisipaliteit se uitstaande skuld aan Eskom was reeds aan die einde van verlede jaar ‘n astronomiese R92 miljoen.
Die uitvoering van Eskom se waarskuwing is waarskynlik nie so maklik nie omdat verskeie inwoners en sakekamers van ander munisipaliteite hulle reeds tot die hof gewend het. Die hof het teen Eskom uitspraak gelewer en beveel dat Eskom nie hul kragtoevoer mag verminder of onderbreek nie.
Die aankondiging van Eskom is weer ‘n bevestiging van Mogale City se benarde finansiële situasie wat hulle tot die rand van bankrotskap dwing. Die munisipaliteit se beursie leeg is en dit slegs ‘n kwessie van tyd voor Randwater ook aan die deur klop.
Die VF Plus doen ‘n beroep op inwoners om hulle voor te berei en voorsorgmaatreëls te tref indien Mogale City nie net beurtkrag ondervind nie, maar verdere kragonderbrekings.
Die gemeenskap word uitgenooi om aanbevelings en kommentaar aan Eskom te stuur.
Die situasie het nou breekpunt bereik wat weer ‘n bewys is dat die ANC nie langer kan regeer nie. Die tyd is hier om ‘n party te ondersteun wat nie net tot voordeel van inwoners optree nie, maar alles in hul vermoë sal doen om ‘n skoon administrasie daar te stel.
Kontaknommer: 082 806 7891