Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun die pro-Israel-optog wat na die Uniegebou gehou is

Die VF Plus steun die optog wat tot steun van Israel na die Uniegebou in Pretoria gehou is en wat gereël is deur die groep South African Friends of Israel.

Van die eise wat die optoggangers gestel het, was dat Suid-Afrika se ambassadeur weer in Israel ontplooi moet word en dat verhoudings tussen Suid-Afrika en Israel genormaliseer moet word.

Die VF Plus veroordeel dit ten sterkste dat die ANC-regering hom in hierdie netelige situasie openlik skaar aan die kant van die Palestyne. Die regering behoort te weet dat die Israel/Palestynse-kwessie uiters kompleks is en dat albei kante die reg tot selfbeskikking het.

Die Suid-Afrikaanse regering behoort hierdie uitkoms te steun en moet gebalanseerd teenoor die onderskeie groepe optree. Die regering kan nie die Palestyne se kant kies terwyl Hamas openlik verkondig dat die staat van Israel vernietig moet word nie.

Suid-Afrika kan baat vind by ‘n genormaliseerde verhouding met Israel aangesien Israel beskik oor kundigheid oor ‘n wye gebied soos onder meer watertegnologie wat baie belangrik vir Suid-Afrika kan wees.

Die tyd het aangebreek dat die Suid-Afrikaanse regering herbesin oor sy neutraliteit in die kwessie en gehoor gee aan die oproep om weer ‘n ambassadeur in Israel te plaas.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.