Die VF Plus is ten sterkste gekant teen enige gebruik van geld in die beleggingsfondse van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), afkomstig van die staatsdienspensioenfonds, om bankrot openbare ondernemings soos Eskom te red.
Die VF Plus verwerp daarom die ANC se roekelose voorstel om die OBK te oorreed om lenings van R120 miljard aan Eskom, in aandele om te sit.
Die finansiële resultate van Eskom wat hierdie week bekend gestel is, wys duidelik dat Eskom nie meer ‘n lopende saak is nie en feitlik bankrot is.
Dit sou die mees roekelose belegging denkbaar wees om staatsdienspensioenarisse se geld in so ‘n onderneming te belê.
Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om hierdie voorstel in die kiem te smoor en sal saam met pensioenarisse-organisasies van die fonds saamwerk om die ANC se planne in die kiem te smoor.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216