fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal druk in die parlement volhou na Fedsas se oorwinning vir Afrikaanse skole

​Die VF Plus sal binne-parlementêr voortbou op die sukses wat Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) die afgelope week in die hof vir Afrikaanse skole behaal het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder vir basiese onderwys.

Die saak het gespruit uit die pogings van Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, om Afrikaanse skole in dié provinsie te dwing om Engelssprekende leerlinge in te neem.

Die hof het in Fedsas se guns beslis dat skole se bestuur self oor hul taal- en toelatingsbeleid mag besluit.

Adv. Alberts sê die VF Plus is verheug oor die uitspraak en dat die in lyn is met die Grondwet van Suid-Afrika in hierdie verband.

“Die VF Plus sal intussen voortgaan om in die Gautengse wetgewer druk te plaas op die LUR en in die parlement op die betrokke minister om nie minderhede op hierdie wyse te intimideer nie.

“Dit was deurgaans duidelik dat bewerings van die onderbenutting van Afrikaanse skole bloot ‘n rookskerm was om Afrikaanse skole te dwing om na dubbelmedium oor te skakel en sodoende te verengels,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.