Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal besluit van ANC oor vergoeding met grondhervorming op elke wyse moontlik beveg

Die besluit wat geneem is op die onlangse ANC-lekgotla en wat verwelkom is deur president Cyril Ramaphosa dat vergoeding in gevalle van grondhervorming en onteiening sonder vergoeding deur die uitvoerende gesag bepaal moet word, is onaanvaarbaar en ongrondwetlik.

Die VF Plus sal dié besluit op elke wyse moontlik teenstaan en sal dit nie net in die Grondwethof beveg nie, maar ook op internasionale vlak.

Dié besluit kom neer op die arbitrêre ontneming van mense se grond. Daar was reeds in 2007 ‘n poging om die Onteieningswet te wysig wat hierdie gesag aan die minister sou gee, en die ANC het toé besef dit sou ongrondwetlik wees.

Dit is dus onverstaanbaar dat die ANC nou daarmee wil voortgaan. Dit is ‘n bewys dat onteiening sonder vergoeding slegs ‘n verskuilde agenda is om grond in Suid-Afrika te nasionaliseer.

Artikel 17 van die Algemene Deklarasie van Menseregte van die Verenigde Nasies (VN) stel dit baie duidelik dat private grondbesit ‘n universele reg is en dat hierdie reg nie eensydig ontneem mag word nie.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.