Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-reaksie op pres. Zuma se halfjaarverslag; Zuma hardloop weg vir die parlement

“Waarom het president Zuma nie sy halfjaarverslag in die parlement gelewer nie? Dit is duidelik dat hy vir die parlement weghardloop,” was die reaksie van dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier nadat die president sy verslag aan die media in Pretoria gelewer het.

As die president sy verslag in die parlement gelewer het, soos dit hoort, kon opposisiepartye daarna met hom in debat getree het en die foute in sy verslag uitgewys het. Solank as wat die ANC-regering glo dat Suid-Afrika se swak ekonomiese groeikoers met wêreldtendense verband hou, is daar geen hoop dat Suid-Afrika uit die huidige swak ekonomiese toestand sal kom nie. Die swak ekonomiese groei en groter wordende werkloosheid kan regstreeks na die regering se arbeids- en ekonomiese beleid terug herlei word.

Wêreldwyd het die ekonomiese geskiedenis gewys dat regerings nie werk kan skep nie. Regerings kan slegs positiewe omstandighede en die klimaat skep waarbinne die privaatsektor kan groei en so werk kan skep. Kommunistiese en sosialistiese lande het misluk presies omdat die staat geglo het dat hy werk kan skep en so die ekonomie kan beheer.

As die Oos-Duitsers in 40 jaar se kommunistiese regering nie kommunisme kon maak werk tot almal in die samelewing se voordeel nie, sal niemand kommunisme maak werk nie. Die Suid-Afrikaanse regering, onder sterk invloed van die SAKP in die kabinet, glo egter steeds dat die staat met die skep van nuwe poste en die weiering om byvoorbeeld Eskom, SAL of Telkom te privatiseer die land se ekonomiese probleme kan oplos. Die president se halfjaarverslag bewys dat die regering nog nie van hierdie kortsigtige ekonomiese beleidsrigtings afgesien het nie.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Denise Janse van Rensburg

Ekurhuleni se skuldkrisis vererger

Die Ekurhuleni-metro se toenemende finansiële wanbestuur blyk duidelik uit die finansiële verslag vir die derde kwartaal vir die 2024/25-boekjaar. Luidens dié verslag beloop die metro

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.