fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-parlementslid en eggenote tuis beroof

‘n Parlementslid van die VF Plus, mnr. Wouter Wessels en sy eggenote, mev. Tammy Wessels, lid van die Vrystaatse wetgewer, is Woensdagaand in hul huis in Bloemfontein beroof. Die vermoede bestaan dat die doel van die rooftog was om data te bekom wat inkriminerend teen sekere persone kan wees.

‘n Onbekende aantal rowers het toegang tot die huis verkry deur vermoedelik ‘n middel te gebruik wat die Wessels-egpaar hul bewussyn laat verloor het.

Die egpaar is van hul selfone, skootrekenaars en hardeskywe beroof, waarvan sommige items later in ‘n oop-veld in die stad gevind is.

Die VF Plus sluit die moontlikheid nie uit dat die rooftog politiek-gemotiveerd kan wees nie aangesien dit wil voorkom of slegs toerusting wat belangrike dokumente en data stoor, gesteel is.

Hierdie moontlikheid word versterk deur die feit dat die voorval plaasgevind het slegs 'n week nadat mev. Wessels 'n klag by die Openbare Beskermer (OB) ingedien het oor moontlike tenderbedrog in die Vrystaat.

In nog ‘n voorval in Februarie vanjaar is dokumente gesteel uit die huis van die Vrystaatse LUR vir Finansies, me. Elsabé Rockman.

Wanneer politici beroof word van toerusting wat inligting van openbare belang bevat, word die oorsigrol van openbare ampsbekleërs aangetas.

Rooftogte by woonhuise is een van die sogenaamde trio-misdade in Suid-Afrika wat wyd-algemeen voorkom en een wat die meeste deur gewone landsburgers gevrees word. Hierdie soort misdaad raak almal in die land en die regering bied geen werkbare oplossing om dit te bekamp nie.

Die VF Plus bedank die polisie vir hul flink optrede na die rooftog by die Wessels-egpaar en doen opnuut ‘n beroep op die publiek om alle maatreëls moontlik te tref om seker te maak hulle word nie slagoffers van die groeiende voorkoms van misdaad in Suid-Afrika nie.

Kontaknommers:

Armand Cloete
076 629 6219

Wouter Wessels
081 346 3328

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.