‘n Jarelange stryd van die Vryheidsfront Plus met die ANC-regering oor sy ontkenning van die erns en omvang van plaasmoorde en -aanvalle, het eindelik vrug opgelewer toe die nuwe minister van polisie, Nkhosinati Nkhleko, onderneem het om dit ‘hoog op die agenda te plaas’ van strategieë vir misdaadbekamping in Suid-Afrika.
Dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie, het vandag met die polisie se begrotingspos-debat in die Parlement gesê hy verwelkom die aankondiging van die minister en hy is bly die minister besef die erns en belangrikheid daarvan.
Die verwikkeling volg nadat dr. Groenewald onlangs in die Nasionale Vergadering weereens druk op die minister geplaas het en hom in ‘n geskrewe vraag gevra het of hy statistiek bekend sal maak oor plaasmoorde en plaasaanvalle en of hy bereid is om ‘n verklaring daaroor uit te reik.
In sy geskrewe antwoord sê die minister onder meer hy is ‘uiters bekommerd’ oor plaasaanvalle en –moorde en dat hy dit in ‘n ‘baie ernstige lig’ beskou.
“Dit raak nie net die familie van die slagoffers nie, maar die gemeenskap as ‘n geheel en het ‘n negatiewe impak op die land se ekonomie en voedselsekerheid. Hierdie soort misdaad is hoog geplaas op die agenda van strategieë om misdaad te bestry,” lui Nkhleko se antwoord.
Dr. Groenewald het gesê die minister se reaksie is ‘n stap in die regte rigting en ‘n bewys dat plaasaanvalle en plaasmoorde ‘n realiteit is wat duisende mense se lewens raak en ‘n impak op die hele land het, soos die minister self erken.
“Ons sal die huidige situasie opvolg met die minister om ook hier verantwoording van die regering te eis in die belang van almal in Suid-Afrika,” het dr. Groenewald gesê.
Dr. Groenewald het ook verwys na statistiek van die polisie se onafhanklike ondersoek-direktoraat (Opod) oor voorvalle waar die polisie gewelddadig teen die publiek opgetree het en gesê die publiek kan geen vertroue in so ‘n polisiediens hê nie.
“In die laaste finansiële jaar is 927 gevalle aangemeld en hanteer volgens die jaarverslag van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat. Dit kan nie so voortduur nie. Die publiek moet kan voel dat hulle ‘n polisiediens het wat na hul belange omsien en hulle beskerm,” het dr. Groenewald gesê.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403
ANTWOORD VAN MINISTER:
36/1/4/1/201400080
NATIONAL ASSEMBLY
FOR WRITTEN REPLY
QUESTION NO 449
DATE OF PUBLICATION IN INTERNAL QUESTION PAPER: 4 JULY 2014
(INTERNAL QUESTION PAPER NO 3-2014)
449. Dr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Police:
(1) Whether he will disclose the statistics for farm murders and farm attacks; if not, why not; if so, how many (a) farm murders and (b) farm attacks were there in each case (i) in (aa) 2011, (bb) 2012 and (cc) 2013 and (ii) since January 2014;
(2) whether he will make a statement on the matter?
NW532E
REPLY:
We are extremely concerned that the issue of farm murders and farm attacks, we view these killings in a very serious light, as it is not only affecting families of the victims that affect the society at large and negatively impact on the economy and food supply. The minister has placed these incidents of crime high on the agenda of crime fighting strategies. The annual release of the National Crime Statistics, under the sub category of contact crimes will depict the effort to curb this crime.
(2) The Minister from time to time may make a statement on this matter including all other incidents.