Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus loof gemeenskap se samewerking ná Heuningspruit-plaasaanval

Die VF Plus verwelkom en loof die samewerking van die boeregemeenskap, die polisie van Kroonstad, Heuningspruit, Koppies en Edenville en die plaaswerker, ene Jack, wat ʼn boervrou die afgelope naweek ná ʼn aanval op ʼn plaas buite Heuningspruit bygestaan het.

Alhoewel dit wonderlik is om goeie samewerking in tye van nood te sien, wil die VF Plus eerder sien dat hierdie plaasaanvalle afgeweer en voorkom word. Die veiligheid van boere, hul gesinne en werkers moet die hoogste prioriteit geniet.

Die VF Plus maan boere, plaaswerkers en landelike gemeenskappe om ekstra veiligheidsbewus te wees aangesien daar ʼn duidelike toename in plaasaanvalle in die Vrystaat was die afgelope weke.

Geen maatreëls moet as onnodig beskou word vir boere om hulself te beveilig en te verdedig binne die raamwerk van die wet nie.

Dit kan ook nie bloot as toeval gesien word dat hierdie aanvalle toegeneem het nadat Julius Malema, leier van die EFF, weer die lied “Kill the boer” en die woorde “shoot to kill” gedurende die EFF se tiende verjaardagvieringe op 29 Julie gesing het nie. Die VF Plus het verskeie klagte hieroor aanhangig gemaak.

Dit is tyd dat die regering besef dat plaasaanvalle en -moorde nie net gesinne en gemeenskappe uitmekaar ruk en werkskepping bedreig nie, maar dat dit ook die voedselsekerheid van die ganse Suid-Afrika in gedrang plaas.

Plaasaanvalle moet as prioriteitsmisdade verklaar word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.