fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Mpumalanga dien geïntegreerde verkeersveiligheidsplan in om paaie veiliger te maak

Die VF Plus het voorstelle vir ‘n geïntegreerde verkeersveiligheidsplan ingedien by Mpumalanga se LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, me. Mohita Latchminarian, om te verseker dat die steenkool- en nie-steenkoolroetes in Mpumalanga veiliger gemaak word.

Luidens die jongste verslag van Mpumalanga se provinsiale padnetwerk vir steenkool- en nie-steenkoolroetes, dra steenkoolvragmotors tot 33%, en ander swaarvoertuie tot 48% by tot die verkeer op provinsiale paaie.

Dieselfde verslag dui aan dat die provinsiale paaie dringend rehabilitasie- en opgraderingswerk benodig. Nege en twintig persent van die provinsie se paaie word as "swak" tot "baie swak" geklassifiseer.

Dit is veral die R40-roete deur Hazyview, en veral naby die De Rust-T-aansluiting, wat geweldige swaar verkeer dra. Veral die swaarvragmotors wat steenkool, sement en houtpale vervoer, veroorsaak groot probleme.

Verskeie vragmotors verloor teen die afdraande beheer en dit het reeds telkemale tot noodlottige ongelukke gelei.

Die VF Plus het by die LUR aanbeveel dat spoedwalle, 'n sandput vir wegholvragmotors en 'n verpligte stilhouplek aangebring word by die Umbabha Estates-pakhuis voordat swaarvragmotors die steil bergpas afwaarts aanpak.

Dit sal verseker dat swaarvoertuie moet stop en na die regte rat verwissel vir die skerp afdraande.

Die VF Plus gaan daarop aandring dat die departement die party se provinsiale verkeersveiligheidsplan implementeer om ‘n veiliger omgewing vir alle voertuie te skep om ongelukke en lewensverlies te voorkom en om 'n volledige herstelwerkplan op te stel vir die swak padnetwerk.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.