Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Limpopo sê: ‘Slaan terug, nou of nooit’

Die VF Plus in Limpopo het vandeesweek by die party se nasionale verkiesingsveldtog aangesluit om voluit te veg teen korrupsie en ‘n onbevoegde regering wat Suid-Afrika tot op die rand van ‘n ekonomiese afgrond gelei het.

Die VF Plus in Limpopo het gedurende ‘n partyraadsvergadering (hoogste gesag in die provinsie) by die nasionale verkiesingsplan aangesluit en sê die mense van Suid-Afrika kan nie langer wag om die land van ondergang te red nie.

Die party se tema vir aanstaande jaar se verkiesing is daarom: “Slaan Terug. Nou of Nooit.”

Limpopo staan net soos die res van Suid-Afrika voor ‘n ekonomiese ineenstorting waar misdaad buite beheer is, waar meer as 17 persent van die provinsie se bevolking werkloos is en miljoene afhanklik is van maatskaplike toelaes.

Daar kan nie langer toegelaat word dat die ANC op sy vernietigingspad voortgaan nie. Kiesers het die volste reg om ‘n streep in die sand te trek en hul agter die VF Plus te skaar wat sê:

Slaan Terug teen onteiening sonder vergoeding.

Slaan Terug teen misdaad.

Slaan Terug teen korrupsie, wanbesteding en buitensporige belastings en tariewe.

Slaan Terug teen diskriminasie.

Slaan Terug teen swak dienslewering.

Die partyleier, dr. Pieter Groenewald, het dit beklemtoon dat die VF Plus hiermee saam ‘n boodskap van hoop wil bring. Dit is dat daar genoeg Suid-Afrikaners is wat graag in ‘n voorspoedige en vooruitstrewende land wil woon. Wat wil bou en nie afbreek nie.

Dit is wel moontlik indien al hierdie mense soos een hande vat en ‘n duidelike boodskap stuur aan die regering dat die streep nou getrek is voor ‘n regering wat sy mense in die steek laat en hul belastinggeld mors.

Vat nou die VF Plus se hand op die pad na ‘n werkbare Suid-Afrika. Registreer en stem in die volgende verkiesing. Dit is hoe kiesers kan wys hoe hulle terugveg teen ‘n onbevoegde regering. Dit kan nie langer uitgestel word nie.

Slaan Terug. Dit is Nou of Nooit.

 

Kontaknommer: 078 617 8682

 

Onderskrif vir aangehegte foto: Die VF Plus in Limpopo is gereed vir die 2019-nasionale verkiesing. Aan die voorpunt is Marcelle Maritz (VF Plus-leier vir Limpopo) Amanda de Lange (nasionale voorsitter van die VF Plus se plaaslike regeringskomitee), Jaco Mulder (VF Plus-leier vir Gauteng), Carin Coetzee (Polokwane), Frikkie de Beer, Thinus Botha, Johan Prinsloo (Modimolle), Carl Niewenhuys (Modimolle).

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.