Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Staatsamptenare soos Mmamathe Makhekhe-Mokhuane laat belastingbetalers tereg wonder waarom hulle belasting betaal

Die onkundige en aggressiewe optrede van die hoof van die SAID se IT-departement, Mmamathe Makhekhe-Mokhuane, voor die Nugent-kommissie oor staatskaping asook tydens ‘n televisie-nuusonderhoud, is tekenend van die ANC se beleid van kaderontplooiing deur middel van Regstellende Aksie (RA) wat die kernoorsaak is van ‘n falende staatsdiens.

Dit moet belastingbetalers noop om kopskuddend te vra waarom hulle hierdie sirkus van ‘n regering finansier.

Dit is ironies dat die ANC nie eens getrou is aan die Grondwet se voorskrifte oor Regstellende Aksie nie wat bepaal dat dit in breë verteenwoordigend van die bevolking moet wees wat natuurlik in lyn is met die ANC se beleid van ‘verteenwoordiging’.

In ‘n parlementêre antwoord aan die VF Plus het dit duidelik geword dat die staatsdiens reeds oorverteenwoordig is deur swartes en onderverteenwoordig deur minderhede.

Die ANC stel egter glad nie daarin belang om dit reg te stel nie en sal oënskynlik gelukkig wees met ‘n 100% kaderontplooide werksmag in die staatsdiens.

Aangesien die belastingbetaler reeds die Laffer-kurwe se punt van weerstand bereik het – soos veral vergestalt deur die boikot van die Gautengse e-tolstelsel – sal dit nie verbasend wees nie indien die belastingbetaler in die toekoms nog minder aan die staat gaan afstaan.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.